GEORGE NUUS - Vyftienjarige Louis du Plessis is in die wolke nadat hy Donderdag 18 Augustus 'n ses-blaar-klawer op sy skoolgrond by Stelios Academy in Geelhoutboom gevind het.
Volgens sy ma, Anneri du Plessis, is dit die derde keer dat hy só 'n gelukskoot tref. Louis het in die verlede by hul vorige huis in Caledonstraat 'n vyf-blaar- en ses-blaar-klawer gevind.
Sy nuutste vonds word nog aan die lewe gehou in 'n glas met water.
Louis het self George Herald laat weet, want hy was baie beïndruk met 'n vyf-blaar-klawer wat destyds op die koerant se voorblad verskyn het.
Twee klein blaartjies is in die hartjie van die klawerblaar sigbaar. Saam met die vier groot blare is hierdie 'n ses-blaar-klawer. Foto: Louis du Plessis
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'