Update
GEORGE NUUS - 'n Lewensvieringgeleentheid vir wyle Hilda (Botha) Burnett vind môre, Saterdag 19 Februarie om 11:00 by die Zevenwacht-landgoed in Kuilsrivier naby Kaapstad plaas.
As gevolg van Covid-19-regulasies kan net 'n beperkte aantal mense dit bywoon en derhalwe op uitnodiging alleen.
Mense wat wil deel in die geleentheid sal dit wel kan dit volg op 'n stroomdiens deur in te skakel.
Burnett was een van George se bekendste oudinwoners en is op 2 Februarie, twee dae na haar 92ste verjaarsdag oorlede.
LEES MEER: Top-soldoedie oorlede op 92
Burnett het diep spore getrap en was onder meer in die 70's die bevelvoerder van die Burgerlike Beskermingskollege wat later die SA Vroueleërkollege geword het.
Later was sy ook 'n lid van die George-stadsraad. Sy word oorleef deur drie seuns Chris, Jean-Pierre en Rolf en vyf kleinkinders.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'