GEORGE NUUS - Die kundigheid van nie minder nie as vier voormalige munisipale bestuurders is by die George-munisipaliteit beskikbaar. Hulle is dr. Michelle Gratz, wat voorheen onder meer die munisipale bestuurder van Mosselbaai was, Godfrey Louw, voorheen munisipale bestuurder van die Eden-distriksmunisipaliteit (deesdae die Garden Route-distriksmunisipaliteit) en ook die Bergrivier-munisipaliteit, Allen Paulse, wat die posisie van munisipale bestuurder beklee het by Oudtshoorn, Bitou en Breede Vallei en Lauren Waring, wat in 'n stadium munisipale bestuurder van Knysna was.
Hulle werk op die oomblik in verskillende hoedanighede onder die dak van die George-munisipaliteit.
Gratz is sedert 1 Januarie die waarnemende munisipale bestuurder van George en Louw is die waarnemende adjunkdirekteur korporatiewe dienste (menslike hulpbronne).
Paulse en Warring is onlangs permanent aangestel as onderskeidelik hoof van gemeenskapsdienste en direkteur beplanning en ontwikkeling. Tussen die viertal het hulle baie jare se ondervinding in munisipale administrasie.
Dr. Michelle Gratz
Gratz, 'n gekwalifiseerde mediese dokter, was in die verlede werksaam by die George-munisipaliteit. Sy het later die munisipale bestuurder van Mosselbaai geword en verlede jaar was sy vir 'n ruk die waarnemende munisipale bestuurder van Knysna.
Godfrey Louw
Louw het meer as 25 jaar ervaring as munisipale bestuurder. Hy was in die verlede munisipale bestuurder van Garden Route-distriksmunisipaliteit en ook die Bergrivier-munisipaliteit. In 'n stadium was hy ook waarnemende munisipale bestuurder van George.
Godfrey Louw
Allen Paulse
Paulse het van Februarie 1999 tot Desember 2001 as adjunkstadsklerk by die George-munisipaliteit gewerk. Luidens 'n verklaring van die George-munisipaliteit is Paulse 'n gekwalifiseerde prokureur. Hy is oorspronklik van die Paarl.
Allen Paulse
Lauren Waring
Waring was tot voor haar terugkeer na die Suid-Kaap, uitvoerende direkteur beplanning en ontwikkeling by die Drakenstein-munisipaliteit. Benewens munisipale bestuurder van Knysna was sy in die verlede ook direkteur gemeenskapsdienste en beplanning en ontwikkeling by die Knysna-munisipaliteit.
Lauren Waring
Die burgemeester sê Leon van Wyk, George se burgemeester, het by navraag gesê die stad is bevoorreg om soveel kundigheid tot sy beskikking te hê. Dis 'n pluspunt dat die mense bereid is om in George te kom werk.
In George is daar heelwat uitdagings om aan te pak. Dit gaan oor uitbreidings. Vir baie jare is George een van die sekondêre stede wat goed vergelyk met ander.
Daar is kapitaaluitbreidings en gesprekke met nasionale tesourie vind plaas. Hulle het aangedui dat George deel kan word van verskillende projekte.
Van Wyk het benadruk dis belangrik om ervare mense in die proses te hê. George het die geleentheid om die leidende sekondêre stad in die land te word.
The experience of no less than four officials who have served as municipal manager is currently available at the George Municipality. They are Dr Michelle Gratz (Mossel Bay, Knysna), Godfrey Louw (Eden District Municipality - now Garden Route District Municipality, Bergriver Municipality, George), Allen Paulse (Oudtshoorn, Bitou and Breede Valley), and Lauren Waring (Knysna). Currently Gratz is the acting municipal manager of George, Louw is acting deputy director of Corporate Services (Human Resources), Paulse is the head of Community Services and Waring is the director of Planning and Development.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'