Update
GEORGE NUUS - Die weg is gebaan vir Trevor Botha, die munisipale bestuurder en Trevor Erasmus, direkteur beskermingsdienste, om terug te keer kantoor toe. Daar is betroubaar verneem dat die onafhanklike tugkomitee wat deur die stadsraad aangestel is om ondersoek in te stel na Botha en Erasmus, bevind het dat daar geen gronde vir die klagtes teen hulle is nie. Botha en Erasmus is op 15 November tydens 'n buiten-gewone stadsraadsvergadering voorlopig vir 60 dae geskors.
Dit kom nadat 'n DA-raadslid klagtes oor beweringe van finansiële wangedrag en/of oortredinge van die dissiplinêre kode teen Botha en Erasmus ingedien het.
Tydens die geslote vergadering was nie al die raadslede ten gunste van die voorlopige skorsings nie.
Die ANC was daarteen.
Na verneem word sal die tugkomitee se verslag vandag, Donderdag 28 November, tydens die maandelikse raadsvergadering ter tafel gelê word.
Die komitee is 'n paar jaar gelede deur die raad in die lewe geroep en funksioneer onafhanklik om sulke aangeleenthede te ondersoek.
Ingeligtes het Woensdag aan George Herald gesê die raad moet die komitee se verslag oorweeg en in terme van die regulasies van die tugstappe teen senior bestuurders, is die raad eintlik verplig om die komitee se aanbevelings te aanvaar.
Steven Erasmus.
In die wandelgange van die stadsraad word gevra hoekom die klagtes teen Botha en Erasmus ingedien is, terwyl daar nog niks gekom het van klagtes wat al 'n geruime tyd gelede teen sommige raadslede ingedien is nie.
Die George Herald het Botha Woensdag gekontak, maar hy was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Dr. Adele Potgieter, voorsitter van die tugkomitee, het by navraag gesê sy kan nie kommentaar lewer nie.
Lees vorige artikels:
- Two top officials suspended
- Two top officials suspended
- Suspensions in the balance
- Municipality: The heat is on
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'