Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Intieme gedenkdiens word eerskomende Maandag vir Christo Lodder (65), ‘n oud-skoolhoof wat in George kom aftree het, by Eden Gemeente gehou.
Lodder en sy vrou, Corli, ‘n plaaslike dokter, het sowat twee jaar gelede na George verhuis ná hy sy loopbaan van meer as 20 jaar by Laerskool Concordia in Boksburg gegroet het, maar ‘n fratsongeluk het Dinsdag 15 September Lodder se lewe geëis.
Volgens sy broer Danie, was Lodder besig met huisonderhoud op die dak van sy huis in Camphersdrift toe hy gly en afval. Hy is by die hospitaal dood verklaar.
Intussen stroom boodskappe van medelye op Laerskool Concordia se Facebook-blad in ná die skool vroeër die week die nuus oor Lodder se dood gedeel het.
Kyk hier na ‘n video wat die skool gemaak het:
Begrafnisreëlings
‘n Intieme gedenkdiens word op Maandag 21 September om 11:30 by Eden Gemeente gehou. Vir die mense wat dit nie kan bywoon nie sal daar ‘n skakel beskikbaar wees waarop die diens regstreeks uitgesaai sal word.
Vir meer inligting kan ds. Danie Lodder by 082 853 4110 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'