Van dié reuse-bedrag is die gesin se mediese fonds bereid om net hoogstens R50 000 te betaal.
Daarom staan Prins Albert se inwoners nou saam om geld in te samel om finansiële hulp aan Caleb se gesin te verskaf vir die betaling van 'n kunsbeen.
Caleb, wie se regterbeen op 27 Junie by Buffelsbaai bokant die knie deur 'n haai afgebyt is, is vanweë sy goeie vordering binne tien dae uit die George Medi-Clinic ontslaan.
Dinsdagaand is hy soos 'n held in Prins Albert terugontvang, en medeleerders van Albert College, waar Caleb verlede jaar in matriek was, het die voorkant van sy huis versier en 'n video met die titel "Caleb Stay Strong" vervaardig waarin hulle hom moed inpraat en vertel wat sy hantering van die ongeluk vir hulle beteken.
Hulle bestempel hul vriend as dapper en inspirerend, en 'n voorbeeld vir almal oor hoe om leed en ongeluk te hanteer. Vir sy vriende is hy, volgens getuienis in die video, "die coolste ou ooit".
Donderdag het Prins Alberters begin saamspan om die gesin Swanepoel met die kostes van 'n prostese te help.
Zelia Mullins, wat ook in beheer is van die Prins Albert Parkrun en wat die afgelope Saterdag 'n "Wedloop vir Caleb" georganiseer het, het by navraag aan Oudtshoorn Courant gesê sy het reeds 'n gesprek hieroor met die gesin gehad.
'n Prostese kos tussen R500 000 en R800 000.
"Ek het fondsinsamelingsopsies en donasies met die gesin Swanepoel bespreek. Hulle is ontvanklik vir ons Prins Alberters se idee. 'n Prostese vir Caleb, wat jonk en aktief is, gaan hierdie bedrag kos.
"Aanvanklik was hul mediese fonds bereid om net R36 000 te betaal, maar het besluit om dit op te stoot tot R50 000.
Jy kan dus sien dat die tekort baie groot is. Elke sent sal nou help en 'n verskil vir Caleb maak. Dis voor die hand liggend dat sy ouers binne die volgende maande baie betrokke gaan wees by sy rehabilitasie.
"Daarom is ek meer as gewillig om met fondsinsameling te help. Ons het dit reeds bespreek om 'n aparte bankrekening hiervoor te open. Ons sal die besonderhede hopelik teen Vrydag hê."
Caleb het sy vriende en mede-inwoners van Prins Albert vir die video bedank op die spesiale Caleb-Facebook-blad, wat sy suster, Rebekah (17) begin het om oor sy vordering te berig.
"Dankie aan almal wat hierdie wonderlike video gemaak het wat trane in my oë bring. Dis julle ouens wat my inspireer en aan die gang hou. Dis julle ouens wat my die krag en positiwiteit gee om soggens uit die bed op te staan en in en uit te asem."
Skryf aan zmullins@mweb.co.za vir meer inligting.
- Caleb upbeat as he heads home
- Caleb Swanepoel going home
- 'A miracle that Caleb is alive'
- Update: Shark attack victim recovering
- Shark attack victim undergoing surgery
- Buffel's Bay shark attack update
- Update: Buffel's Bay shark attack
- Beaches closed after shark attacks
- Shark attack in Buffel's Bay
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo, Hessequa nuus'