GEORGE NUUS - Die herfsreeks van die etensuur-musiekkonserte in die Moederkerk in George, skop op Woensdag 10 April af met 'n opwindende konsert deur George se gevierde pianis, Dalene Brits.
Dalene is bekend as veelsydige musikus wat gehore deur baie jare aangegryp het met haar klavier- en orrelspel, kore, komposisies en indrukwekkende musikaliteit.
Op Woensdag 10 April speel sy werke van 'n verskeidenheid van komponiste: Schubert, Chopin, Rachmaninoff, Schumann, Albeniz en Pick-Mangiagalli -''n indrukwekkende musikale potpourri.
Die konsert begin om 13:10, toegang is gratis, donasies sal waardeer word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’