GEORGE NUUS - Op Woensdag 21 Oktober sal Georgiete die plesier hê om die tweede etensuurkonsert in die Moederkerk-lentereeks by te woon.
Die uitvoerende kunstenaar is die welbekende pianis en komponis, Dalene Brits, wat die afgelope 35 jaar duisende musiekliefhebbers in George se harte verbly en lewens verryk het in 'n verskeidenheid musiekgenres.
By hierdie geleentheid speel sy werke van Bach, Beethoven en Schumann.
Die konsert duur vanaf 13:10 tot 13:50. Kom vroeg sodat gesondheids-prosedures betyds afgehandel kan word. Bring u masker saam.
Toegang is gratis maar donasies sal waardeer word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'