Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Swemmers van regoor die Eden-distrik toets vandag die waters by Conville-swembad. Na 'n dekade sonder galas by die heerlike waterkuil is Eden Aquatics meer as opgewonde oor wat die toekoms inhou.
President van Eden en Wes-Kaap Aquatics, Lluwellyn Coetzee, het vanoggend gesê daar is besluit om die gala hier te hou, omdat daar probleme is by Oudtshoorn, waar die galas gewoonlik gehou is.
Volgens Coetzee swem Eden-swemmers vandag, Saterdag 29 Januarie, om hul tye te verbeter, en om te kwalifiseer vir die nasionale kampioenskappe wat in Maart en April gehou word.
Swemmers word in vlakke (vlak 1 tot 3) verdeel.
"Voorlopig vind die vlak 3-byeenkoms hier plaas. Ons hoop is om ook die SA junior nasionale swemkampioenskappe hier aan te bied."
Video: Eerste gala in dekade by Conville-swembad
Waarnemende munisipale bestuurder Michele Gratz, raadslid Brendon Adams en direkteur Allen Paulse het ook vanoggend 'n draai by die geleentheid gemaak.
"George-munisipaliteit het omtrent geroer om die swembad vandeesweek voor te berei vir die gala. Ons is baie dankbaar vir hulle ondersteuning," het Coetzee gesê.
Lluwellyn Coetzee (Eden Aquatics), raadslid Brendon Adams, waarnemende munisipale bestuurder Michele Gratz en direkteur van gemeenskapsdienste Allen Paulse.
Mike MacDonald (76), 'n Fish Eagle Master, het reeds twee van sy vier items agter die rug.
Lluwellyn Coetzee, president van Eden en Wes-Kaap Aquatics.
Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'