GEORGE NUUSFLITS - Een persoon is vroeër vanaand dood na 'n motorongeluk in Yorkstraat.
Twee motors, 'n Polo en 'n Audi, was in die ongeluk betrokke.
Die ongeluk het oorkant Mahindra plaasgevind.
Drie ander persone was in die ongeluk beseer en is deur Metro-ambulansdiens na die George-hospitaal vervoer.
Geen verdere inligting oor die ongeluk is tans beskikbaar nie.
Die naam van die oorledene is nog nie bekend nie.
Die Audi wat in die ongeluk betrokke was. Foto's: Eden911
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'