GEORGE NUUS - Een persoon is dood en 30 mense is dakloos gelaat nadat ‘n brand vroegoggend in Disselbosstraat, Touwsranten uitgebreek het.
George-brandweer is omstreeks 04:51 na die toneel ontbied.
Volgens die polisie is 11 strukture op drie erwe in puin gelê.
Die liggaam van ‘n man, vermoedelik in sy 20’s, is op die toneel gevind.
Die sowat ses families wat dakloos gelaat is, word tans in ‘n plaaslike gemeenskapsentrum gehuisves.
Beamptes van George-munisipaliteit se boubeheer en beamptes van rampbestuur is tans op die toneel.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en sal nou deel wees van die polisie-ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'