So het Clive Africa, hoof van bestuursdienste in Eden, gesê.
Eden-distriksmunisipaliteit het hul gebeurlikheidsplan vir die siekte Maandag tydens 'n spesiale raadsvergadering bespreek. 'n Verslag oor Eden se voorkomende maatreëls en inligtingsprogram vir die publiek en die bemagtiging van hul personeel sal tydens die volgende raadsvergadering in November aan raadslede gedien word.
"Wanneer mense bang is raak hulle paniekerig, en dan kan dit gevaarlik raak," het Africa gesê.
Africa het benadruk dat 'n mens nooit kan sê, "ons is gereed" nie, aangesien die virus baie kompleks is om te beheer.
"As Amerika 'n individu met sekondêre infeksie gehad het, kan dit met enigeen gebeur," het Africa gesê.
Eden ontvang deurgaans leiding van die provinsiale departement van gesondheid, en Eden-rampbestuur is deurgaans in kontak met die Wes-Kaapse rampbestuur.
"Nasionaal is R32,4 miljoen beskikbaar gestel indien die siekte sou uitbreek. Dit is gewoonlik die mammas wat eerste slagoffers is, omdat hulle na hul kinders omsien," het Africa gesê.
Die siekte versprei wanneer mense met 'n geïnfekteerde se liggaamsvloeistowwe in kontak kom. Die virus kom voor in die siek persoon se speeksel, sweet, of byvoorbeeld uriene.
Volgens Africa vergader omgewingspraktisyns regoor Eden elke Maandag in hul onderskeie gebiede om die Ebola-situasie te bespreek. 'n Vergadering word vir later die maand beplan waar verskeie rolspelers oor Eden se gebeurlikheidsplan ingelig sal word.
Klik hier vir 'n leersame pamflet oor Ebola.
* Eden District Municipality is as ready as can be to handle an outbreak of the Ebola virus said Clive Africa, head of Eden's Management Services. Their contingency plan was introduced during a Special Council Meeting on Monday. This report will be presented to council in November.

"Mense moet ingelig wees oor Ebola - dit is jou beste voorkomingsmaatreël," het Wessie van der Westhuizen (derde van links), Eden-burgemeester gesê. Sivuyile Mtila (tweede van links), assistenthoof vir munisipale gesondheid, het gister die klere aangepas wat gesondheidswerkers sal dra indien hulle pasiënte behandel wat met die virus besmet is. Volgens Henry McCombi (links), portfeuljeraadslid vir gemeenskapsdienste, en Clive Africa (regs), hoof van bestuursdienste in Eden, hoef inwoners hul nie tans te bekommer oor die siekte nie. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'