Gallery
GEORGE NUUS - Drie mense is lig beseer nadat ‘n vragmotorbestuurder, wat vanuit die Outeniquapas onderweg was na George, beheer oor sy voertuig verloor het en teen ‘n aankomende voertuig –‘n wit Audi - gebots het.
Die ongeluk het vroeër vanoggend oorkant Engen George Eco Stop-vulstasie in CJ Langenhovenweg (in die omgewing van Heather Park Super Spar) plaasgevind.
Die remme van die vragmotor het vermoedelik onklaar geraak. Volgens inligting is al drie beseerders, die bestuurder van die vragmotor en die bestuurder en passasier van die Audi (beide Kapenaars), na Mediclinic George geneem. ER24- en Metro nooddienste was op die toneel.
Foto's: Ongeluk in Langenhovenweg
Die ongeluk het oorkant Engen George Eco Stop-vulstasie in CJ Langenhovenweg plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'