Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Vrou in haar 80's het Dinsdagoggend, 9 Julie, matige beserings opgedoen tydens 'n motorongeluk op die R102 (lughawepad).
Volgens inligting was sy onderweg uit die rigting van George toe sy na regs by die Barnyard Kennels wou afdraai en 'n Isuzu-bakkie haar van agter tref.
Die bejaarde vrou is deur ER24-paramedici na die Mediclinic George geneem. Die twee persone wat in die bakkie was is na die George-hospitaal geneem.
Die bestuurder van die bakkie het slegs geringe beserings opgedoen, terwyl sy passasier met matige beserings gehospitaliseer is.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'