GEORGE NUUS - Die raad is in proses om gepaste straatname vir sekere strate in Blanco, in die omgewing van Boshoffstraat, toe te ken.
Voorstelle vir name sal tydens die wykskomiteevergadering bespreek en gefinaliseer word.
Die vergadering vind plaas op 22 November om 18:00 in die Blanco-gemeenskapsaal.
Grondeienaars van die gebied word hiermee uitgenooi om die vergadering by te woon en voorstelle vir 'n gepaste naam vir die relevante strate ter tafel te lê.
Rig navrae aan Paulina Saaiman by 044 801 9074 of Corlize Bester by 044 801 9117, of stuur 'n e-pos aan: pasaaiman@george.gov.za of cebester@george.gov.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'