GEORGE NUUS - Tydens die George-raadsvergadering verlede week, is 'n vuurwarm dringende mosie onttrek ná 'n versoek van die munisipale bestuurder, Trevor Botha, dat die regte kanale gevolg word om beweerde korrupsie aan te meld.
Icosa-raadslid Wilbur Harris, het almal se aandag geniet toe hy 'n "bom" laat val het oor beweerde korrupsie in die munisipale departement van toerisme.
Ofskoon geen name genoem is nie, het Botha hom daarop gewys dat die raad nie die platform is om dié saak aan te meld nie.
Op 'n vraag van die speaker, Gerrit Pretorius, of Harris wel die regte prosedures gevolg het om bewerings van finansiële wanoptrede aan te meld, het Harris gesê dat hy nie die vraag gaan antwoord nie.
Hy het ingestem om die dringende mosie te onttrek en die regte stappe te volg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'