GEORGE NUUS - ‘n Jong leerder (8) van Pacaltsdorp het gistermiddag, Maandag 16 Augustus, tragies gesterf nadat sy in Rosedale deur ‘n vragmotor omgery is.
Die voorval het omstreeks 15:20 in Abrahamstraat plaasgevind toe die kind en twee vriende blykbaar op die skouer van die straat geloop het.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê die omstandighede rondom die voorval is nog onduidelik en word tans deur speurders ondersoek.
“Voorlopige inligting dui daarop dat drie kinders op die skouer van die straat geloop het toe die 8-jarige dogtertjie onder die wiel van die vragmotor beland het. Sy het op die toneel aan veelvuldige beserings beswyk,” sê Pojie.
Pacaltsdorp-polisie het ’n strafbare manslag dossier geopen vir verder ondersoek.
‘n Lykskouing sal môre, Woensdag 18 Augustus gehou word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'