Update
GEORGE NUUS - Ná die soveelste ongeluk by die verkeerslig na die ingang van die Garden Route Mall is 'n 12-jarige meisie Sondagmiddag, 6 Januarie, kritiek gelaat.
Sy en haar pa was van die dorp onderweg na die winkelsentrum toe die pa glo voor 'n Citiliner-passasiersbus, wat uit die rigting van Wilderness gekom het, ingedraai het. Die verkeerslig was vir beide motors groen.
Die bus het die maroen Audi aan die passasierskant, waar die 12-jarige gesit het, getref.
Sy is deur Eden911-paramedici in 'n kritieke toestand na die George-hospitaal geneem.
Haar pa, wat geringe beserings opgedoen het, is ook per ambulans na die hospitaal geneem. Volgens die woordvoerder van die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad, waar die meisie tans behandel word, is sy in 'n kritieke, maar stabiele toestand. Haar pa is reeds ontslaan.
Die polisie ondersoek in 'n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'