GEORGE NUUS - Lyttleton-versorgingsoord het verlede Sondag 'n spesiale feesviering vir Lentedag geniet.
Die geselligheid het ook die oord se 26ste bestaansjaar herdenk wat op 29 Augustus geskied het.
Sowat 21 inwoners is bederf met vrugteslaai en kleurvolle kolwyntjies volgens die oggend se pienk en geel tema. Al die inwoners se handafdrukke is geneem vir 'n spesiale projek by die oord.
Enkele familielede het die dag saam geniet. Suster Sylvia Clasquin bedank die borge sowel as die personeel wat gehelp het.
Inwoners is bederf met vrugteslaai en kleurvolle kolwyntjies volgens die oggend se pienk en geel tema. Foto's: Liandra Clasquin
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'