Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die eerste getypoel partytjie met opblaas speelgoed in die Tuinroete was 'n reuse sukses.
Talle mense, oud en jonk, het vanoggend,18 Februarie van vroeg by die getypoel by Heroldsbaai opgedaag.
Toe die groot oomblik om 9:30 aanbreek was daar sowat 100 mense in die water.
Hulle het gedryf op opblaas speelgoed wat gelyk het soos onder meer skilpaaie, haaie, swane en eende. Daar was selfs 'n roomys. Eenkant het lewensredders gestaan en 'n wakende ogie gehou.
Daniela Sondagh,die organiseerder, het gesê sy is baie bly oor die klomp mense wat opgedaag het. Die plan is om dit 'n jaarlikse geleentheid te maak.
FOTOGALERY: Getypoel partytjie by Heroldsbaai
Onder die mense wat deelgeneem het was Minke Janse van Rensburg, die downsindroom swemkampioen. Volgens haar het sy dit baie geniet.
Minke Janse van Rensburg en haar pa Hennie. Foto: Eugene Gunning
Video's - Eugene Gunning:
Verwante artikel: A yellow rubber duck and pool party in Herold's Bay
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’