GEORGE NUUS - Oase Ouerskap bied 'n geleentheid waar ouers kan kom asem skep en toegerus word. In 'n besige lewe waar ons as ouers baie balle in die lug moet hou, wil ons graag oomblikke skep waar ons saam kan reflekteer en groei in ons verhoudings met ons kinders.
Ons volgende sessie is op 26 Februarie 2023 om 18:00 by George-Bergsig Gemeente.
Sanet Grobler van Illuminated Growth gaan met ons gesels oor die krag van jou teenwoordigheid in jou kind se lewe.
Sanet werk die afgelope 13 jaar met kinders - sy fokus op studiemetodes en leierskapsontwikkeling en ondersteun kinders en families op 'n emosionele vlak in haar Spelterapie praktyk.
Die beste voorspeller vir jou kind se sosiale en emosionele gesondheid is jou band met jou kind. Kom luister saam hoe ons hierdie band kan oppas en versterk.
Toegang is gratis en daar is 'n gratis kinderoppasdiens beskikbaar.
Registreer nou om hierdie sessie by te woon.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'