Update
GEORGE NUUS - Twee haweloses sal tot ná die algehele inperking moet wag voordat hulle weer hul honde kan sien. Dit is van die hartseerverhale wat die week ontvou het.
Een is Johan du Preez, wat gewoonlik op straat met sy hond, Fix woon. Du Preez het Sondag gesê hy sal na 'n nagskuiling gaan, maar hy mag nie sy hond saamneem nie.
Later dieselfde dag het hy ingestem dat Fix vir die tydperk by die Tuinroete DBV gaan bly en hy sou dan na 'n nagskuiling gaan.
George Herald het op sy webtuiste en Facebook-blad daaroor berig. Dit het wye reaksie van lesers uitgelok en hulle het hulp aangebied. Die DBV het Sondag goedgunstiglik ingestem dat die hond by hulle kan bly tot na die inperkingstyd en Fix toe in die stadskern gaan haal.
'n Ongelukkige Du Preez was egter Maandagoggend voor die DBV se hekke. Hy wou sy hond terughê. Hy het aangevoer dat hy nie Sondagaand by 'n skuiling geholpe kon raak nie. Na 'n rukkie het hy geloop.
Du Preez het nie Dinsdag weer na die DBV gegaan nie. Dit is nie bekend wat van hom geword het nie.
Johan du Preez, ‘n hawelose man en sy hond, Fix, Sondagmiddag in George se stadskern. Foto: Eugene Gunning
Tuinroete DBV se bestuurder, Salomé Bruyns, het by navraag gesê Fix bly vir eers by die DBV. Hy sal nadat die inperkingstyd verby is, weer aan Du Preez teruggegee word. Du Preez moet nou by 'n skuiling of 'n soortgelyke plek wees. Volgens Bruyns gaan dit goed met Fix by die DBV. Die DBV is nie ongevoelig oor die situasie nie. Daar is wette wat gehoorsaam moet word.
Volgens haar bly nog 'n hawelose man se hond, Sasha, by die DBV vir die tydperk. Die man het haar Dinsdag na die DBV gebring aangesien hy 'n blyplek vir die tydperk gekry het.
n Die George-munisipaliteit het by navraag gesê hulle kan nie spesifieke navrae oor Du Preez antwoord nie. George Herald is verwys na 'n vroeëre munisipale verklaring.
Daarin word dit onder meer gestel dat die Rosedale-sportstadion as 'n tydelike skuiling vir haweloses ingerig is.
Luidens die verklaring akkommodeer die nagskuiling in George die maksimum getal mense waarvoor hy toegelaat word.
Two men living on the streets with their dogs have handed the dogs over into the SPCA's care for the duration of the lockdown while they went to stay in shelters. One of them, Johan du Preez, has regretted this decision and came asking to have his dog back, but legally the SPCA is not allowed to let the dog go before the end of lockdown.
Johan du Preez, 'n hawelose man Maandag voor die hekke van die Tuinroete DBV. Foto: Eugene Gunning
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'