GEORGE NUUS - Op 14 September het die Outeniqua-rolbalklub 'n damesdag aangebied met altesaam 18 spanne wat deelgeneem het. Spelers het vanaf George, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Sedgefield en Oudtshoorn kom deelneem. Die dag is deur Adviceworx geborg wat mik om hierdie dag elke jaar aan te bied.
Die wenspanne van die dag was soos volg:
Eerste plek: Groot-Brakrivier-rolbalkub: René Brand, Annatjie Voster, Eliane Putter, Ohna Botha
Tweede plek: Outeniqua-rolbalklub: Louretha Otto, Petro Scheepers, Mae Flanagon, Eppie Theron
Derde plek: Outeniqua-rolbalklub: Cherise Lottering, Christelle Griebenouw, Lyla Young en Lorraine von Vollenstee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’