GEORGE NUUS - Trauma is iets wat die meerderheid van mense iewers deur die loop van hulle lewens raak.
Die langtermyn effek daarvan het dikwels ‘n ingrypende invloed op mense se lewens. Kinders word ook baiemaal deur hulle eie trauma, of hul ouers s’n, nadelig beïnvloed.
Sondag 4 September om 18:00 besoek Mirieka Broodrÿk George-Bergsig gemeente om te praat oor die hantering van trauma. Mirieka is ‘n maatskaplike werker en trauma-spesialis wat praktiseer in George.
Die doel van die sessie is om mense te help om te verstaan wat trauma is en hoe om dit te hanteer. Mirieka wil ook mense bemoedig sodat hulle kan weet daar is hoop en lewe na trauma.
Hierdie geleentheid is deel van George-Bergsig gemeente se Oase Ouerskap bediening. Die bediening het aan die begin van 2022 tot stand gekom om die groot behoefte aan bemoediging en toerusting vir ouers aan te spreek.
In 2022 is reeds verskeie geleenthede aangebied deur onder andere spelterapeute, arbeidsterapeute, motiveringsprekers, predikante, pediaters en opvoedkundige sielkundiges.
Al die sessies word gratis aangebied, maar bespreking is noodsaaklik. ‘n Kinderoppasdiens is ook beskikbaar.
Om in te skryf vir Mirieka se sessie van 4 September gaan na dié skakel.
Vir meer inligting oor hierdie bediening en geleenthede wat later in die jaar aangebied word, besoek gerus Bergsig gemeente se webtuiste by george-bergsig.co.za of stuur ‘n epos na rudolph@george-bergsig.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'