GEORGE NUUS - Bekende 'Middag op RSG' radio aanbieder en TV-persoonlikheid, Sue Pyler is die gasspreker by die Pacaltsdorp Cuppa vir Cansa in die Pacaltsdorp-burgersentrum op Sondag 29 Oktober.
Pyler wat in George gebore is, het al baie in haar lewe bereik en reeds op laerskool as die wenner van die nasionale ATKV- redenaarskompetisie uit die stryd getree.
"Ek is gebore op Vrydag die 13de... is dit nodig om nog iets verder te sê? Ek het drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, dus is my lewe vanselfsprekend een groot drama.
"Kom luister gerus. Ek gaan vertel van my wonderlike kinderjare in George tot nou," sê Pyler.
Susan Williams, voorsitter van die Pacaltsdorp-fondsin-samelingskomitee, vra dat alle ou Toktokkie-vrywilligers uit die 1990's vir Cuppa for Cansa sal kontak sodat hul bydrae tot die stryd teen kanker herken kan word.
"Ons wil graag voortbou op die sukses van verlede jaar en moedig ieder en elk aan om by ons aan te sluit," sê Williams.
Vir meer inligting en kaartjies kontak Williams by 064 655 5180.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'