Video
GEORGE NUUS - Dit is chaos nadat ’n wolkbreuk Blanco kort ná 17:00 gisteraand getref het.
Verskeie strate, waaronder Voortrekkerstraat, Napierstraat, Pieter Theronstraat, Maitlandstraat en Uitspanstraat, het oorstroom. Die brug tussen Blanco en Heatherpark is ook oorspoel.
Geweldige massas water, wat met groot krag oor die paaie gestroom en op plekke byna ’n meter hoog was, is deur Blanco. Talle huise is onder water en inwoners is besig om skade te bepaal.
Hierdie is ’n ontwikkelende storie.
Kyk die video's hieronder vir tonele uit Blanco:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’