• Rosemoor, Lavalia en Proteapark;
• Pacaltsdorp; en
• Kleinkrantz en Touwsranten.
Mense in hierdie areas met 'n liefde vir tuinmaak word genooi om die koördineerders in die onderskeie areas te kontak. “Mense het nie nodig om reeds 'n groentetuin of groot spasie te hê nie. 'n Klein demonstrasietuin kan in hul tuine gedoen word om te wys dat 'n mens 'n volhoubare groentetuin op 'n beperkte stukkie grond kan kweek. Die demonstrasietuine word gratis deur kundiges aan vrywillige tuiniers oorgedra,” sê Rose.
Die koördineerders is soos volg: Rosemoor - Marco Sauer (Francisstraat 16); Proteapark – Linda Lodewijk (071 294 4634); Dellvillepark – Magda Fontein (071 235 6726); New Dawnpark – Isaac Jafta (074 635 8512); Rosedale – Alice Jafta (074 635 8512); ander dele van Pacaltsdorp – Johanna Phillips (084 602 3450); en Kleinkrantz en Touwsranten – Jacqueline Buys (073 751 9179).
Inskrywings sluit Vrydag 24 April. Die wenner van elke wyk ontvang tuingereedskap.

'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'