Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Conville-buurtwag, tesame met buurtwagte van Rosemoor, Parkdene, Lavalia, Maraiskamp en Thembalethu het vanaand 11 Januarie 'n gesamentlike patrollie uitgevoer.
Die hoofrede vir hierdie inisiatief is om 'n boodskap aan bendes oor te dra.
''Ons gaan nie stilsit en toesien hoe ons buurte deur bendegeweld oorgeneem word nie,'' het Rudy Lewis, voorsitter van Conville-buurtwag gesê.
Die sekuriteitsmaatskapye ADT en Fedility, gemeenskapspolisieringsforum (CPF), lede van die plaaslike polisie en inwoners van die onderskeie buurte het aan die patrollie deelgeneem.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'