Die Suid- en Wes-Kaap ervaar die afgelope paar dae swaar reënneerslae wat die stormwaterstelsel nie na behore kan weglei nie.
“Die buurtwaglede het ingespring met pikke, grawe en hamers om slote te grawe om die water in die wonings na dreineringsgate te lei wat hulle in die mure gemaak het om verdere waterskade aan die eiendomme te verhoed,” sê Elmar Stander, voorsitter van die AfriForum-tak in George.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
