Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - George se burgemeester, Melvin Naik, het pas by die munisipaliteit aangekom om na die betogende skare se misnoeë te luister en hulle toe te spreek.
Naik het kortliks aan die betogers verduidelik dat die behuisingskwessies nie onder die mandaat van die munisipaliteit val nie, maar wel onder dié van die departement van behuising.
Betogers wag reeds vanaf omstreeks 09:00 vanoggend en het geweier om te loop voordat hulle nie vir Naik gesien het nie.
Inwoners van Borcherds en verskeie buurte van Pacaltsdorp, is ongelukkig oor hul huidige behuisingsomstandighede.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n vorige artikel: Update: Protesters still waiting for mayor
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'