GEORGE NUUS - Die skoolprefekte van Carpe Diem Skool het die George-brandweerstasie spesiaal besoek om die brandweermanne te bedank wie se flink optrede hulle skoolgebou gered het tydens 'n brand by die skool op 6 Februarie.
Die brandweermanne is bederf met koekies wat die senior seuns en meisies self gebak het en ook kaartjies wat van die leerders vir hulle gemaak het.
Hulle besoek was op 12 Maart toe die span brandweermanne, wat die brand by die skool geblus het, weer aan diens was.
Die skoolhoof, Elzeth Grobler, en 'n onderwyser, Helené Boll, het die leerders vergesel.
Twee klaskamers is erg in die brand beskadig.
Lees 'n vorige artikel:
Major fire damage after fire at Carpe Diem
Mooi dankiekaartjies en prentjies uit die harte van 'n klompie leerders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’