Gallery Update
GEORGE NUUS - Een van die woonstelle agter Pacaltsdorp Superette is Donderdagmiddag, 9 Augustus, deur 'n brand in Kerkstraat, Pacaltsdorp, in puin gelê.
George-brandweer was vinnig op die toneel, maar kon nie die woonstel red nie. Die aangrensende woonstel het slegs rook- en waterskade opgedoen.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Dit is onbekend hoe die brand ontstaan het.
Foto's: Kristy Kolberg'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'