Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die nasionale Borgwardklub kuier al vanaf Donderdag, 10 Februarie in Hartenbos en het Vrydag, 11 Oktober die klub se 60ste verjaardag by Eight Bells gevier.
Die motors is vandag by die 25ste George Oumotorskou waar ‘n hele klomp van die Borgward-motors te siene sal wees saam met verskeie ander voertuie.
Bespreek vooraf kaartjies deur Computicket, aangesien dit by die hek uitverkoop mag wees. Tydgleuwe vir Saterdag (08:00-11:00, 11:00-14:00, 14:00-15:00) kos slegs R50 per gleuf en Sondag se skoutyd is 08:00-13:00.
Lees gerus die Mossel Bay Advertiser van 18 Februarie om meer uit te vind oor dié besonderse voertuig.
VIDEO: Borgward motors en eienaars kuier in Hartenbos
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'