Update
GEORGE NUUS - Die drie verdagtes, Perswill Dickens en Sylvester en Jason Pretorius, wat vroeg in Januarie in verband met die moord op Ruduwaan Damons (25) in hegtenis geneem is, het verlede Woensdag 1 Februarie, vlugtig in die George-landdroshof vir hul borgtogaansoek verskyn.
Weens beurtkrag en 'n gebrek aan tyd, is die saak egter tot 17 Februarie uitgestel.
Damons is Saterdagmiddag, 14 Januarie, doodgesteek.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, is die polisie omstreeks 13:15 na die toneel in Golfstraat, Parkdene, uitgeroep.
"Met die polisie se aankoms op die toneel is die oorledene met 'n steekwond aan sy bors gevind. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar," sê Spies.
Die drie verdagtes is later die dag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle bly in aanhouding.
Die verdagtes word deur Winston Jansen van Jansen en Samson-prokureurs verteenwoordig, advokaat MP Heyns is vir die staat en die saak dien voor landdros Thiloshnie Govender.
Verwante artikel: Drie broers vas vir moord in Parkdene
The three men, Perswill Dickens and Sylvester and Jason Pretorius, who were arrested early in January in connection with the murder of Ruduwaan Damons (25), appeared briefly in the George Magistrate's Court yesterday, Wednesday 1 February, for their bail application. However, due to load-shedding, and the fact that the court does not have an alternative source of electricity, the case was postponed until 17 February. They remain in custody. Damons was stabbed to death on Saturday afternoon, 14 January.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'