GEORGE NUUS - 'n Man van Borcherds, Jeremy Jacobs (30), wat op Maandag 2 Desember in hegtenis geneem is nadat hy glo leerders en onderwysers van Heidedal Primêr geïntimideer en met 'n vuurwapen gedreig het, is verlede week op R500 borgtog vrygelaat.
Hy moet weer op Maandag 3 Februarie in die hof verskyn.
Volgens inligting het die verdagte toegang tot die skoolterrein verkry, waarna hy na die personeelkamer gegaan het en 'n vuurwapen uitgepluk het.
Die motief agter die voorval kon nog nie bevestig word nie.
Toe Conville-polisie en lede van die Outeniqua K9-eenheid kort na die voorval by die skool opdaag, het die verdagte reeds die perseel verlaat. Sy vryheid was van korte duur, want binne 'n uur is hy in Maraiskamp vasgetrek. 'n ongelisensieerde vuurwapen is in sy besit gevind.
Hy staan tereg op aanklagte van intimidasie en onwettige besit van 'n vuurwapen.
Vorige artikel: Man vas ná hy vuurwapen by skool uitpluk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’