GEORGE NUUS - Verskeie bloublasies het Saterdagmiddag, 17 September, op die strand by Heroldsbaai uitgespoel en baie aandag getrek. 'n Inwoner, Lyndon Brown, het 'n plasing daaroor op Georgiete Staan Saam gemaak.
'n Ander inwoner Dieter Maritz, het by navraag gesê dit is 'n algemene verskynsel elke jaar, veral wanneer die seisoen verander. Hy is ‘n kranige hengelaar.
Volgens hom gebeur dit wanneer groot kolle koue water teen die kus met sekere winde, veral wanneer die suidooste, ooste en suidweste winde sterk waai, ingedruk word.
Brown het vanoggend (Maandag 19 September) aan George Herald bevestig dat hy Saterdagmiddag die bloublasies op die strand gesien het.
Volgens hom kom hy gereeld daar. "Ek het nog nooit so baie bloublasies daar gesien nie. Ek vermoed die wind het 'n rol daarin gespeel."
George Herald het ‘n navraag aan die munisipaliteit gerig. Sodra die inligting ontvang word, sal dit bygewerk word.
Foto’s: Lyndon Brown
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'