GEORGE NUUS - Laerskool Blanco het onlangs die geloofsuitdaging van Laerskool Brits in Noord-Wes, om 'n kruis van hoop op die skoolterrein te plant, aanvaar en ook 'n kruis opgerig.
Met hierdie kruis wil hulle die boodskap van geloof en kalmte aan die hele George verkondig.
Die boodskap op dié dag was dat mense bang is, en die Covid-19-pandemie veroorsaak bekommernis en angstigheid in mense se harte, maar Jesus het belowe dat Hy vrede sal gee, dat daar hoop en kalmte in Hom is.
As Jesus se dissipels, wil die skool hierdie boodskap van hoop en kalmte met almal deel.
Buig voor die kruis, steek jou hande na Jesus uit en ontvang Sy vrede, want dit is die boodskap in Johannes 14:27: "Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie."
Met die oprigting van hierdie kruis daag Laerskool Blanco ander skole in die distrik uit om ook kruise by hul skole te plant sodat almal sáám vir Jesus kan skyn in hierdie onseker tyd.
Leerders by die kruis wat op die skoolterrein opgerig is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'