Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - As die George-kunsteteater jou na aan die hart lê, dan moet jy Saterdag 12 Ju-nie 'n draai gaan maak by Motorcycle Madness in Markstraat.
Die maatskappy, in samewerking met Guns n Roses, bied 'n geleentheid aan wat bekendstaan as Bikers for Theatre. Dit begin om 11:00 en is 'n geleentheid om geld vir die teater in te samel.
Ofskoon dit beter gaan met die teater, is hy steeds onder druk. In een stadium verlede jaar was daar selfs 'n moontlikheid dat deure sou sluit.
Bernadette Schaap, voormalige bestuurder van die teater en ook 'n geesdriftige motorfietsentoesias, is daarby betrokke. Sy het benadruk sy doen dit in haar persoonlike hoedanigheid.
"Ons wil graag hê die teater moet aangaan. Dis 'n bate vir George." Volgens haar is Saterdag 'n kuiergeleentheid en pryse en aandenkings sal opgeveil word. Ouers kan hul kinders saambring en streng Covid-19-regulasies sal van toepassing wees. 'n Orkes sal ook vermaak verskaf.
Reneè van Rensburg, voorsitter van die teater, het Maandag gesê die inisiatief word verwelkom. "Ons is baie opgewonde daaroor."
Kyk 'n video hieronder:
Die teater het baie gely as gevolg van die Covid-19-regulasies en steeds kan net 50% van die kapasiteit gevul word.
Volgens haar is die teater steeds onder druk, maar danksy 'n onlangse inisiatief van die Tasha Singing Academy en die Helen O'Grady-dramaskool, gaan dit beter. Hulle het drie vertonings aangebied en al die geld is vir die teater geskenk. "Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap wat ons steeds steun."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'