Update
GEORGE NUUS - Collette Rossouw, 'n gr. 1-onderwyser by George Voorbereidingskool, is onlangs aangekondig as Solidariteit se Laerskoolonderwyser van die Jaar vir 2022 nadat sy genomineer is vir die organisasie se Sterre in die Gemeenskap-kompetisie.
Sy het haar toekenning en 'n welkome tjek van R6 000 op 6 Desember tydens 'n glansgeleentheid in Johannesburg ontvang.
Rossouw gee al vir 22 jaar lank onderwys. Sy sê haar beroep is haar passie en dit gaan vir haar oor die positiewe impak wat sy op kinders se lewens kan maak. Sy kan nie wag om soggens by die skool te kom nie.
Solidariteit se kompetisie het ten doel om mense in verskillende beroepsgemeenskappe te vereer vir hulle toegewydheid en bydrae in hul onderskeie beroepe.
Die afdelings is die ambagnetwerk, kommunikasie- en bemarkingsnetwerk, onderwysernetwerk, kantoorpraktisyns-netwerk en verpleegsternetwerk. Wenners word bepaal deur 'n nominasie- en stemproses.
Vorige artikel: Voorbereiding spog met beste laerskool onnie
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'