GEORGE NUUS - Die polisie is opsoek na vyf verdagtes ná 'n gewapende roof by 'n winkel in Parkdene vroeër vandag.
Volgens Conville-polisie se stasiebevelvoerder, kolonel AB Kriga, het een van die verdagtes die winkel in Scorpiostraat kort na 14:00 binnegegaan en gevra vir 'n okkapyp.
"Toe die winkelassisente hom nie kon help nie het hy die perseel verlaat. Kort daarna het hy saam met vier ander verdagtes teruggekeer en die winkelassistente aangerand en beroof," sê Kriga.
Die verdagtes het te voet gevlug in die rigting van Thembalethu.
Hulle het 'n selfoon, geld en sigarette gevat.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'