Update
GEORGE NUUS - 'n Bekende besigheidsman, Apie Strauss (66), het verlede Vrydag aan 'n hartaanval gesterf. Hy was die stigterslid van die Strauss Familiegroep Besighede in die vroeë 1980's. Plaaslik is hy bekend vir sy betrokkenheid by die ontwikkeling van die Shell Kraaibosch-vulstasie.
Strauss het in 2003 permanent na Heroldsbaai, vanuit Mpumalanga verhuis. Volgens sy oudste seun, Morné Strauss, was hy steeds nou betrokke in die familie se besighede as raadgewer en mentor, tot voor sy dood.
"Ons pa was 'n absolute legende wêreldwyd waar hy mense se lewens diep aangeraak het," het Morné Strauss gesê.
"Hy was 'n familieman, 'n ongelooflike man, pa, skoonpa, oupa en skoonseun. Hy was ook 'n pa vir baie meer mense as net sy eie mense. Hy was 'n omgee man vir wie niks en niemand enigsins te veel moeite was nie. Dankie Apie vir die legend wat jy is."
Apie Strauss word oorleef deur sy vrou, Bets, seuns, Morné, Rayno en Arno, skoondogters, Renette, Ingrid en Marieke, ses kleinkinders asook sy skoonma, Gerrie.
'n Dankie-sê-diens word Maandag 15 Oktober by die NG Kerk in Blanco om 11:00 gehou.
Die Strauss-familie tydens 'n onvergeetlike familiebyeenkoms op Heroldsbaai verlede Desember.
Lees 'n vorige artikel hier: Bekende besigheidsman sterf
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'