GEORGE NUUS - ‘n Bekende besigheidsman van George, Apie Strauss, het Vrydagmiddag (5 Oktober) gesterf.
Hy was die stigterslid van verskeie besighede wat tans aan die Strauss-familiegroep behoort, waaronder die ontwikkeling by die Shell Kraaibosch-vulstasie.
Strauss se oudste seun, Morné Strauss, het vroeër vandag gesê die familie sal op ‘n geleë tyd oor sy pa se dood gesels.
Die George Herald simpatiseer met die Strauss-familie se verlies.
Lees meer volgende week in die George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'