GEORGE NUUS - Lede van die Bergsig-buurtwag het gratis opleiding in kardiopulmonêre resussitasie (KPR) ontvang van Johann Prinsloo, eienaar van 911 Training and Events.
Volgens Prinsloo is die buurtwag bekend vir hulle onbaatsugtige diens en vinnige reaksietyd en kan hulle met hul nuwe kennis iemand se lewe red as hulle eerste op 'n toneel opdaag.
"Groot sukses kan behaal word wanneer KPR korrek en vinnig toegepas word saam met die gebruik van 'n OED (outomatiese eksterne defibrillator). Dit kan beslis die verskil tussen lewe en dood beteken, aangesien die korrekte toepassing 'n pasiënt se kans op oorlewing kan verdubbel of selfs drievoudig verhoog."
Johann Prinsloo (links) van 911 Training and Events, by lede van die Bergsig-buurtwag wat hul opleiding sukesvol voltooi het, van links: Danie Botha, Kasper de Jager, Thys Bester, Braam Broersma en Dries Swanepoel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'