Advertorial
TUINROETE SAKENUUS - Elba de Beer, bemarker by Mosselbaai aftree- en leefstyloord, kry te doen met voornemende eiendomskopers op 'n sensitiewe tyd van hul lewens – wanneer hulle op hul aftree-adres moet besluit.
Met haar kennis en die deeglikheid waarmee sy inligting, opsies en raad aan kopers verleen, is sy 'n ware aanwins. Elba het 'n opregte belangstelling in mense. Vir haar gaan dit nie bloot oor 'n transaksie nie. Sy maak seker dat kopers ingeligte besluite neem en gemoedsrus het.
"Die belangrikste wat kopers moet besef, is dat 'n mens die skuif moet betyds maak om sodoende jou ondersteuningsnetwerk op te bou. Ek beleef daagliks die omgee vir mekaar hier by die oord. Dit is 'n voorreg om hier te kan werk met 'n puik produk."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'