GEORGE - 'n Groep pa's van die omgewing het 'n heerlike ontbyt op Vadersdag, Sondag 16 Junie geniet. Hierdie geleentheid by die Conville-gemeenskapsaal is natuurlik deur 'n groep vroue gereël, wat bankvas agter hulle mans staan.
Linda Smit en haar span van Team Strong Women het met die hulp van verskeie borge gesorg dat pappas vauit Conville, Hoekwil, Parkdene, Borcherds en Maraiskamp spesiaal voel met 'n heerlike bord kos en 'n gesellige atmosfeer vir hul spesiale dag.
"Ons het begroot vir 50 pappas. Van hulle het ons gaan oplaai, en ander het self na die saal geloop. My diesel het opgeraak, toe kon ek ongelukkig nie almal oplaai nie," het Smit gesê. "Dit was steeds 'n baie lekker dag."
Smit bedank die borge wat gehelp het om die ete aan te bied: Willem Smit, Charl Roman, Jonathan Munsamie, die Team Strong Woman-lede - Dora, Amy, Maria, Ella en Ivan. Sy bedank ook die polisie vir hul teenwoordigheid en praatjie wat by die geleentheid gehou is.
"En laastens, vir Brendon Adams vir die reël van die saal," het Smit gesê.
Die manne geniet hulle ontbyt op Vadersdag.
In gesellige luim by die Conville-gemeenskapsaal.
'n Wenspan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’