Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die bal is aan die rol vir die bou van 'n moderne brandweerstasie vir die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (GRDM).
Memory Booysen, burgemeester van die GRDM het Woensdag 2 November die sooispitseremonie in George waargeneem.
Hy is bygestaan deur Grant Riddles, Hessequa-burgemeester, Leon van Wyk, George-burgemeester en Gert van Niekerk, onderburgemeester van die distriksmunisipaliteit.
Bouwerk aan die stasie in Pearlstraat in die nywerheidsgebied, sal Maandag 7 November begin.
Na verwagting sal dit einde Junie 2023 gereed wees om in bedryf gestel te word. Dit word teen 'n koste van meer as R10 miljoen opgerig.
VIDEO: Bal aan die rol vir bou van nuwe brandweerstasie
Memory Booysen, burgemeester van die GRDM het Woensdag 2 November die sooispitseremonie in George waargeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'