GEORGE NUUS - 'n Bakkie met twee insittendes het om ongeveer 17:15 op die tennisbane van Van Kervel Skool beland nadat die bestuurder blykbaar beheer oor die voertuig verloor het.
Die voertuig was vanuit Derdestraat op pad, maar het die pad byster geraak terwyl dit om die verkeersirkel op die hoek van Meyer- en Derdestraat beweeg het.
Dit het deur die draadheining gebars en op die tennisbaan beland.
Die twee jong insittendes, 'n jongman en sy meisie, is albei ongedeerd.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'