GEORGE NUUS - Een van George se bekendste inwoners, Andy Lamont is vroeg vanoggend oorlede. Hy was die afgelope tyd siek.
Lamont was in die verlede onder meer burgemeester van die destydse Eden distriksmuninsipaliteit en 'n baie bekende gemeenskapsleier.
Hy was 71 jaar oud en word oorleef deur sy eggenoot Wilma, drie dogters, Lauren, Marguax en Amanda en 5 kleinkinders.
Sy oudste dogter, Amanda het vanoggend aan die George Herald gesê begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word. "Ons gaan my pa mis," het sy vertel.
'n Tydjie gelede het Lamont die George Herald gevra om drie nood-speelgoedkarretjies van sy twee kleinkinders wat in Noorweë, woon aan die Garden Route-distriksmunisipaliteits te oorhandig. Hy was ongelukkig te siek om dit in Januarie te doen.
Die twee kleuters, Guilia (6) en Elisa (4) was so aangegryp deur die brande verlede jaar in die George-omgewing dat hulle die karretjies aan die munisipaliteit wou skenk.
Hulle het in Desember en Januarie saam met hulle ma, Marguax by hul oupa en ouma in die Suid-Kaap kom kuier. Ongelukkig kon hulle toe nie die karretjies oorhandig nie omdat dit vakansietyd was. Die drie karretjies is 'n polisiemotor, 'n ambulans en 'n brandweer.
Lamont het toe vertel dat sy twee kleindogters verlede jaar op televisie van die brande gesien. Hulle het ook foto's gesien. "Hulle het toe besluit hulle wil help en besluit om die karretjies te gee."
"Die karretjies is hul beskeie manier om te help. Dit kom uit hul harte. Hulle is baie klein."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'