GEORGE NUUS - Die Rosemoor tehuis vir bejaardes het verlede week 'n rojale skenking van 3 000 volwasse-doeke asook kieries, persoonlike-sorgpakkies en botteltjies ontsmettingsmiddel ontvang van die organisasie Al-Imdaad Foundation.
Qari Ziyaad Patel van Al-Imdaad het gesê hulle harte lê by die inwoners van die tehuis. Bejaardes lê hom na aan die hart, want sy eie ouma is 99 jaar oud en kosbaar vir hulle familie.
"Mense wat na bejaardes omsien, is engele in God se oë. Ons by Al-Imdaad help hulle graag en ons bied hulp aan mense met geen inagneming van hul godsdienstige oortuiging nie. Dit is vir ons 'n voorreg om te gee," het Patel gesê.
Lede van Al-Imdaad Foundation en personeel van die Rosemoor tehuis vir bejaardes, van links: Yagyah Nasiep, Ansar Johaardien, Qari Ziyaad Patel, Johan Mundey (voorsitter van die inwonerskomitee), Delores Wewers (bestuur: Rosemoor tehuis), Mohamed Osman, Charmaine Titus (tehuisbestuurder) en Nivan Papier (die tehuis se finansiële beampte). Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'