Lede van ouetehuise en dienssentrums van oor die streek was by die geleentheid teenwoordig.
Sanet Klue van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling het waardevolle inligting oor die herregistrasie van ouetehuise en dienssentrums gegee. Sy het lede aangemoedig om vol te hou om kwaliteitdiens aan die ouer persone in hul sorg te lewer.
Irene Pietersen, hoof van Age in Action, het terugvoer gegee oor die provinsiale uitvoerende komitee se vergadering in Februarie. Pietersen het ook haar maatskaplike verslag oor Age in Action se werksaamhede aan die lede voorgelê. Jossie Joshua is in die plek van Chris Smit gekies om die streek op die provinsiale komitee te verteenwoordig.
'n Bespreking oor opleidingsbehoeftes onder seniors en SASSA se vyf-jaar hersieningsplan vir pensioene was onder meer ook op die vol agenda. Ander onderwerpe wat aangeraak is, sluit in die Pretty Things for Little Things-kompetisie vir seniors, die nasionale konferensie wat in 2013 gehou word, fondsinsamelingsinisiatiewe en die Age in Action-kalender.
'n Eendagkonferensie van Age in Action word op 20 Maart by die Rosemoor-dienssentrum in George gehou.
Die vol maar leersame oggend is afgesluit met 'n heerlike ete voorsien deur Benevolent-park.
.jpg)
By die vergadering van Age in Action was van links, voor: Sophia du Preez, Maria Noonan, Sheila Mosavel en Elizabeth Stuurman; middel: Mina Lourens, Kay Hermanus, Irene Pietersen (hoof van Age in Action), Cornela Campher, Ellen Möller en Lenie Jacobs; agter: Margaret Lewis, Chris Joseph en Lorraine Gouws. Foto: Juanita van Wyk